Buffelsfontein Geelmeel (1lb)

R 30.00

Ons geelmeel word gemaak van net die heel beste, uitgesoekte geelmielies. ’n Blinde afstammeling van Siener van Rensburg keur elke mielie goed voordat net die mooiste pitte een vir een deur ’n snobistiese paradysvoël afgepik word. Dit word met handwaaiers gedroog deur 130 bikini-modelle, waarna dit deur ons bonsai olifant, Veertjie, gemaal. Veertjie gebruik nie, soos beweer, sy voete nie maar eerder sy slurp om ’n Gutenberg drukpers wat dateer uit 1456 te werk. Die drukpers verseker dat die meel tot presies die regte grofheid gemaal word. Geniet ons pap gerus met lekker vetterige kotelette, boerewors, beeshaas of die gesoteerde lewers van jou vyande.

20 in stock