Beesboerdery

ONTBYT OPSIES

Buffelkalf ontbyt……R55
2 eiers, 2 repies spek, gebraaide tamatie roosterbrood met plaasbotter

Buffel vers ontbyt……R80
2 eiers, 3 repies spek, sampioene, maalvleis, gebraaide uie en roosterbrood met plaas botter

Buffelbul ontbyt……R130
2 eiers, 4 repies spek, sampioene, maalvleis, gebakte bone, 150g kruisskyf, gebraaide uie, kaas en roosterbrood met plaas botter

Afrikaanse Pouseiers……R190
Ons weergawe van “Eggs Benedict Florentine”. Gepocheerde eiers op 250g Noorweegse salm, bedek met ‘n ryk vakansiesous en roosterbrood.

Pap en Kaiings……R27
Pap……R17
Kaiings……R12
Spek……R29
Skilpadjies(indien beskikbaar)……R42
Aartappel skyfies……R22
Gebakte eier……R10
Kaiing botter……R10
Roosterbrood……R8
Sampioene……R20
Roosterkoek……R12
150g Kruisskyf……R67
Gebakte bone……R12
Skaapwors……R32
Beesmaalvleis……R34
Gebraaide tamatie……R10
Tuisgemaakte Konfyt……R12
Blatjang (tamatie of appelkoos)……R14
Tamatie-en-uiesmoor……R22
Gebraaide uie……R12
Emmental kaas……R22
Gouda Kaas……R12

LIGTE VERSNAPPINGS

Biltong……R48
150 gram biltong met ’n heerlike laag vet.

Boere tartar……R47
Tartar soos jy nog nooit geëet het nie. Dit sal jou gedagtes terugneem na ’n sypaadjie voor Loftus Versveld. Dis al wat ons bereid is om te verklap. Bedien met varsgebakte roosterkoek en tamatieblatjang.

Frikadelle……R60
Mini frikadelle soos jou ouma gemaak het.

Braai broodjies……R40
Jy lees reg…

Geel pap skyfies……R30
Stywe geel pap in die vorm van ’n skyfie gesny en diepgebraai. Bedien met tamatie- en uiesmoor.

Springbok carpaccio……R40
Papierdun springbok vleis bedien met gepekelde knoffel, bronkors, verouderde cheddar en ons eie rooibos reduksie sous.

Gemarineerde olywe……R25
Kalamata olywe

MIDAGETTE SPYSKAART

Alle midagette opsies sleg R60 tussen 11:00 – 15:00 weeksdae.

Alle disse word bedien met een van die volgende:
Aartappelskyfies, Kapokaartappels, Gebraaide Groente of Slaai

Cholesterolkoek……R60

Vetkoek met 150g bobotie- of beesmaalvleis. Het jy onthou om vanmôre jou pilletjie te drink?

150g Bees burger……R80
Bietjiebees frikkadelbroodjie.

150g Hoender burger……R80
Bietjiekiepie rolletjie.

350g T-been……R115
Bonsai beeste is dierbaar en smaak heerlik.

200g Kruiskyf/Lendeskyf en eier……R95
‘n Stukkie bees, porsie aartappel en een poepholvrug voorberei na smaak.

Spek braaibroodjie……R65
Daar is drie dinge in hierdie wêreld wat alles beter maak; ‘n braaibroodjie, spek en ‘n drukkie. Ons prokureurs meen ons mag nie drukkies verkoop nie, maar ons kan vir jou twee van die drie op ‘n bord gee. Net ‘n wenk; ‘n dubbel brandewyn is baie dieselfde as ‘n drukkie…

Gebraaide hoender slaai……R70
Die bestuur was heeltemal gekant daarteen om slaai met nog slaai te bedien maar die kelnerinne het voet by stuk gehou. Hulle sê dis baie lekker.

1⁄2 Gebraaide hoender……R85
Halwe slaai en slaai. Vir as jou kinders stout was.

SPESIALE DISSE

Slak potjie……R65
Dis nie lekker om jou dop te verloor nie. Hierdie slakke sou dit beaam as hulle nie in ‘n pot heerlike romerige knoffelsous verdrink het nie. Word bedien met ‘n vars broodjie.

Bosveld slakke……R60
As jy gril vir dopdiere is hierdie dis vir jou. Blokkies beesfilet bedek met ‘n romerige knoffelsous. Bedien met ‘n vars broodjie.

Klamp Steak……R300
1.2kg Riboog op die been. ‘n Stuk vleis so rof word bedien op ‘n vleisbord en vas gemaak met ‘n bankskroef.

Wilds burger……R85
350g Wildsvleis burger met aartappel skyfies.

Boerewors burger……R85
350g Beesvleis burger met boerewors speserye, uie en tamatie smoor aartappel skyfies.

Beeshaas burger……R130
200g Bees filet burger met brandrussie sous. Onthou om te kies tussen warm en baie warm.

Knoffelbotter T-been……R190
700g T-been voorberei op die braaier en dan vining in die oond in ons geheime knoffelbotter sous bedien met geel meel pap en sous.

Beenmurg beeshaas……R180
350g Bees filet bedien met gebakte beenmurg, kapokaartappels en vleisaftreksel.

Noorwegse salm……R175
Slaai wat swem op groen knarsbone, met pan gebraaide aartappels en vinkel.

OM TE DEEL

Vleisbord vir 2……R250
Frikadelle, bees ribbetjies, kruisskyf, biltong, aartappel skyfies en braaibroodjies.

Vleisbord vir 4……R480
Frikadelle, bees ribbetjies, kruisskyf, biltong, aartappel skyfies en braaibroodjies.

Kaasbord vir 2……R180
Geniet ons verskeidenheid van plaaslike kase en vrugte.

Kaasbord vir 4……R320
Geniet ons verskeidenheid van plaaslike kase en vrugte.

VOORGEREG

Kaiing botter op roosterbrood……R27
Al ooit gewonder wat gebeur met die olie wat oorbly na kaiings uitgebraai is? Ons stol dit en bedien dit met brood en
appelkoosblatjang. Wys ons asseblief waar jou mediese fonds kaartjie is… Onthou ‘n bietjie sout en swartpeper.

Bobotie rolhappies(spring roll)……R64
Met appelkoos blatjang

Braaibroodjies……R40
Jy lees reg…

Boere tartar……R80
Tartar soos jy nog nooit geëet het nie. Dit sal jou gedagtes terugneem na ’n sypaadjie voor Loftus Versveld… en dis al wat ons bereid is om te verklap. Bedien met varsgebakte roosterkoek en tamatieblatjang.

Kruisskyf skywe……R70
150 gram medium-rou kruisskyf, opgesny en bedien met ’n aioli sous.

Sprinbok carpaccio……R70
Papierdun springbok vleis bedien met gepekelde knoffel, bronkors, verouderde cheddar en ons eie rooibos reduksie sous.

Biltong en spek slaai……R65
Groenslaai met biltong brosgebraaide spek.

HOOFGEREG

Lendeskyf200G/350G……R85/R115
Sirloin” soos die kakies dit noem.

Kruisskyf200G/350G……R95/R135
Ook bekend as rump.

Beeshaas200G/350G……R140/160
Die sagste filet wat nog ooit gemoo het.

Bees ribs550G……R180
Stadig oondgebraai in ons geheime rooiwyn sous.

T-been700G……R180
Die stuk vleis vir as jy nie kan besluit nie, bietjie lendeskyf en bietjie beeshaas

Noorweegse Salm250G……R165
Die slaai wat swem.

STAP 1

Kies jou bykosse

Groen knarsbone……R20
Diepgebraaide geel pap skyfies……R27
Aartappel skyfies……R22
Braaibroodjies (jy lees reg)……R40
Aartappelslaai……R22
Kapokaartappels……R22
Groenslaai……R27
Pan gebraaide groente……R32
Pampoenkoekies……R27
Louis se beetslaai……R20
Soetpatat skyfies……R27
Soetpampoen……R25
Roomspinasie……R20

STAP 2

Kies jou sous

Blatjang (tamatie/appelkoos)……R20
Knoffel mayonnaise……R20
Verdikte vleisaftreksel……R25
Pepper……R20
Knoffel……R20
Sampioen……R20
Kaas……R20
Brand rissie (matig of warm)……R20

STAP 3

NAGEREG
Melktert toebroodjie……R60
Melktert geur roomys tussen twee snye kors.

Oeps roomys (peperment crisp)……R70
Van die hand na die mond val die roomys gelukkig op die bord.

Malvapoeding roomys……R60
Malvapoeding gegeurde roomys met malva krummels.

Vanieljeroomys met sjokoladesous……R50
’n Ou gunsteling met donker sjokolade sous.

Trio roomys……R50
Melktert, Malvapoeding en peperment crisp roomys.

Malva poeding……R60
Vanielje vla, vanielje roomys en gedroogte lemoen.

Blaasvlamvla……R60
Heerlike Amarula Crème Brûlée met ‘n bros gebrande suikerlaag.

Appeltert……R60
Appeltert met Klipdrift roomys en room.

Melkskommel……R45
Malvapoeding, Vanielje, Peperment Crisp of Melktert geur.