Buffelsfontein Baardmat

R110.00 BTW Ingesluit

Lyk jou baardstasie of ‘n Land Rover vlugtig daar parkeer was? Raak jou vrou vreeslik onredelik as jy net so klein bietjie baard-olie op die kassie in die badkamer mors? Het jy ‘n erfstuk met jou baard-olie gevlek en nou wil die hele familie jou uit die testament hê, al het jy nou al verdomp ‘n duisend keer jammer gesê? Buffelsfontein het soos altyd die antwoord. Ons stel bekend; Die Buffelsfontein Baardmat. Dit hou jou baardstasie skoon en netjies en kan maklik met warm water uitgespoel word. Dit kan selfs gebruik word as ‘n kroegmatjie onder jou gunsteling glas brandewyn. Bederf jouself, jou netjiese karnallie.

Ekstra produkte in foto is net vir advertensie doeleindes.

7 beskikbaar