Buffelsfontein Pietiebroek

R195.00 BTW Ingesluit

Buffelsfontein Pietiebroek

Daar was ‘n tyd toe twee rande blou was en kinders nog ‘n slukkie bier by hulle pa kon kry, sonder dat ‘n veganis in ‘n geweefde beige onderbaadjie daaroor kon teef op sosiale media. Mense het water uit tuinslange gedrink sonder om te sterf en stoepkakkertjies moes lisensies hê, maar meer tot die punt… mans het Pietiebroeke gedra. Die naam is glo van ‘n Engelse woord afgelei, maar ons kon dit nie bevestig nie. Die Buffelsfontein Pietiebroek is vir mans wat nie skaam is vir hulle knieë nie en sommer “onderdeur” piepie. Dis ewe gemaklik op die rugbyveld as op een van die klub se kroegstoele. Ons broek se pype vang ook die bries deur ‘n bakkie se venster net reg, maar moet steeds altyd saam met onderklere gedra word. Nee maar regtig; dra ‘n onnie.

Voorraad sal opgelaai word soos beskikbaar.
Kyk asseblief na die meet tabel om u grootte te bevestig.
Ekstra produkte in foto net vir advertensie doeleindes.
Die kleur van die broek is swart. Ander kleure volg later.

Clear
SKU: N/A Categories: ,
 

Meer inligting (indien relevant)

Pietiebroek groottes

S, M, L, XL, 2XL, 3XL